JESUS ABC

GEBED


As jy nog nie vir Jesus Christus aangeneem het nie ...

Die apostel Paulus vertel ons in 1 Korintiërs 15:1-4 wat die EVANGELIE is waardeur ons gered word:
"Christus het vir ons sondes gesterf volgens die Skrifte en dat hy begrawe is,
en hy het op die derde dag weer opgestaan volgens die Skrifte. "

Romeine 10 : 9 - 10

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom
uit die dode opgewek het,sal jy gered word;
want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Bid hierdie gebed HARDOP. Die rede waarom mens die gebed hardop bid, is sodat satan
en sy magte ook kan hoor dat jy 'n keuse maak VIR God se Koninkryk van lig,
teen sy koninkryk van duisternis.

Druk die uit, en doen dit wanneer jy alleen is, daar hoef nie noodwendig iemand by jou te wees nie.

DIE BLOTE OPSê VAN HIERDIE GEBED KAN JOU NIE RED NIE!!! Jy word gered deur jou geloof in Jesus
en die vertroue dat Sy dood voldoende offer is vir jou sondes.

-=oOo=-

"Vader, ek kom na U in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ek bely vandag
dat ek 'n sondaar is Here, en dat ek Jesus Christus as Verlosser nodig het.
Ek bely al die kere in my lewe wat ek die duiwel plek gegee het in my gedagtes,
woorde en dade, as sonde.

Ek bely al die kere wat ek ongehoorsaam was aan U Woord, en U teleurgestel het,
as sonde en ek vra U nou om my te vergewe in Jesus Naam. Dankie Vader dat ek weet U
vergewe my nou en U dink nooit weer daaraan nie. (Hebr.8:12)

Daarom bely ek nou dat ek met my hele hart glo dat Jesus Christus vir my aan die kruis gesterf het,
en fisies deur God uit die dode opgewek is (Rom.10:9,10) om te gaan sit aan U regterhand Vader,
en ek bely nou dat ek Jesus Christus aanneem (Joh.1:12,13) as my enigste Koning, my Here,
my Redder, my Saligmaker, my Verlosser, en my Vriend.

Here, ek vra dat U deur U Heilige Gees my sal lei (Rom.8:14) en sal leer om in U Woord te bly en in
heiligmaking te begin nastrewe en uit te lewe (1 Petr.1:15,16). Gee my 'n nuwe honger na U Woord,
Here en openbaar asseblief self U Skrifte aan my deur U Heilige Gees. Dankie Here dat ek weet dat ek
nou ook U kind mag wees, en mag lewe onder leiding van U Heilige Gees. Amen"

-=oOo=-

Ek dank ons Here Jesus Christus dat HY jou na Hom gelei het.

"Luk 15:10 So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer."

Wat nou...
1) Leer om die Heilige Gees se stem te herken !!! (kliek hier vir 'n kort video)
2) Spandeer tyd met God in gebed, dit is nie moeilik nie, praat met God en laat Hom toe om jou te lei.
3) Lees Bybel (Mattheus en Johannes is 'n goeie boeke om mee te begin, maar laat die Here jou lei hierin)
4) Laat jouself doop.
5) Bekeer (draai weg) van sonde in jou lewe.
6) Spandeer tyd met ander gelowiges.
7) Bely jou geloof, vertel mense wat Jesus in jou lewe gedoen het!

Mag God you ryklik seën.

Los gerus jou naam en 'n boodskap  indien ek vir jou kan bid op jou nuwe lewe met Jesus...


Jou naam
Epos
Land
Het jy Jesus nou aanvaar
Opmerking/ Nota